STORY WISE
| Die verstaan van die verbond se werking is kardinaal vir die gelowige om in oorwinning te lewe! Hierdie boek, met meegaande Bybelstudiegids, verduidelik in eenvoudige taal die absolute dinamika van God se verbond met die mensdom in Christus Jesus. Die hart en krag van die evangelie lê in die verbond opgesluit. Dit is belangrik om te verstaan dat dit nie soos 'n kontrak werk nie. Indien jy nie weet hoe die verbond werk nie, is hierdie boek 'n absolute noodsaaklikheid! Die Nuwe Verbond is wel ‘n beter verbond, maar hy is gebasseer op die werking van die Ou Verbond. |













